500 WORDS

English, Afrikaans and some french lingo in between, 'cause that's what all the cool kids do







Wednesday, October 27, 2010

Chai Tea en Blomme



Die dag van Dinsdag die ses en twintigste:

Ek het opgestaan en Cullinan toe gery om `n bestuursafspraak te maak- net om uit te vind ek’s of `n dag te gou of `n dag te laat sienende dat hulle net afsprake op Maandae en Woensdae maak. Toe wil ek `n lisensie koop... vir R2500...wats de freaks??? WAY te duur.

`n Boemelaar het my en my pa gered van `n aaklige restaurant se amateur koffie. Happy, die Wimpy waiter, het my dag gemaak. `n Vrou wou aan my penne verkoop ter fondsinsameling vir ‘BLANKE’ kinders, toe sê ek vir haar ek gee net geld vir swart kinders en toe loop sy.

`n Priester van Nederland en `n monnik het vir my kom salf en bid vir my eksamen.

Ek het afskeid geneem van my VLR groep by `n buffet restaurant waar massa vervaardigde kos koud en gemiddeld was.

Ek het `n Chai Tea by `n McCafe gaan drink saam met vriende.
My kar wou nie vat nie.
My kar wou steeds nie vat nie.

Ja, hierdie is nog `n inskrywing oor my robuuste BMW en haar nukke...
Maar na `n rukkie van ‘WTF, ALWEER?’ `n geïrriteerde pa en Abrie, `n goeie Samaritaan, wat my gehelp het, het ek weer by die huis gekom.

Ek het die mooiste blomme ontvang wat ek nog in my hele lewe ontvang het by mense wat meer vir my beteken as wat hulle weet.

Ek het Bruce Springsteen kom luister, geblog en gedink:

My lewe is n sequens van Belaglikheid. In alle opsigte. As ek `n buitestander was sou ek myself doodgelag het oor wat alles gebeur. Ek dink God het `n ongelooflike sin vir humor. Soos Ghandi gesê het: as ek nie `n sin vir humor gehad het nie het ek al lankal selfmoord gepleeg...’

My ninja het my per ongeluk `n bitch-slap gegee en toe `n drukkie. Die vorige sin moes ek uitgelos het, ek weet.

Hunter S. Thompson het geskryf ‘The Edge: There is no honest way to explain it because the only people who really know where it is are the ones who have gone over.’


Daar is min mense na wie ek gaan verlang volgende jaar, maar die wat ek wel gaan mis; Hulle gaan ek werklik mis.

Thursday, October 21, 2010

Life is either a daring adventure or nothing


Dis Woensdag oggend en ek is in die bed en luister na my nuwe Kings of Leon CD. Dis pragtig-`n country style U2 gemeng met Jack Daniels.

Eks besig om die boek van Jakobus te lees, en hoe meer ek dit lees hoe meer kom ek agter hoe vêr verwyderd ek is van dit wat ek eintlik moet wees. Ek is nie die persoon wat almal rondom my met liefde hanteer nie. Ek praat way te veel nonsens daagliks, met way te veel mense. Wysheid word gekarakteriseer deur oor die weg te kom met almal. Ek dink eks `n douche-bag die meeste van die tyd.

Na aanleiding van dinge wat ek die afgelope week ervaar het, dink ek, dat mense in die algemeen ALLES heeltemal te veel onnodig kompliseer. In alle aspekte van die lewe. (Dis nou al die 5de keer wat ek hierdie sin tik want ek weet nie hoe om dit te verwoord nie) umh, Gister het dinge rakende my studies vir 2012 net half ewe skielik in plek geval. Net soos dit. Ek is soos wat de flip?


Dan nog iets wat ek gevoel het ek moet oor skryf handel oor `n gesprek wat ek gistermiddag gehad met `n dame wat my mentor gereel het.

Toe sy 23 was het sy die land verlaat en vir die volgende 14 jaar van haar lewe oorsee op verskillende plekke gebly. Sy was in Suid Amerika onder andere en natuurlik was ek dadelik jaloers op haar daaroor. Toe kom terug SA toe a.g.v. logisiteke redes... Ek ken nie die res van haar lewensverhaal so goed nie, maar op die oomblik is sy 40 en is sy by `n bybelskool.

Ek het vreeslik uitgesien na die gesprek want om actually met iemand te kon praat wat vir so lank op haar eie die wêreld gaan verken het was ek seker sou my net nog meer inspireer.

Wat vir my uitgestaan het van die gesprek: Sy was op `n manier so kewl en wellspoken . Sy was/is van niemand afhanklik nie. Sy het vir so lank van haar lewe heeltemal alleen kanse gevat, plekke gesien, mense ontmoet, `n avontuur gehad!

Maar aan die einde van die gesprek was ek bietjie ontsteld gewees. Hartseer. Sy kon nie vir my sê dat sy speit was oor iets nie, want sy glo nie in speit nie, maar op die vraag wat sou sy anders gedoen het, het sy geantwoord om liewer direk na matriek bybelskool toe te gegaan het. –Sy het niks genoem van daarna gaan reis nie...?

Sy het my attend gemaak op die feit dat dit belangrik is om alles te leer van `n plek/ding voor jy verder met dit gaan. Hoe sy dinge, veral geloof, wil bestudeer tot in die diepste kern in, om dit te kan verstaan. Sy wil weet presies hoe elke geloof/kerk funksioneer. Hoekom is die samelewing en stelsels soos dit is. Dit het vir my geklink asof sy baie issues het/gehad het. Sy het dit nie spesifiek geteiken op die kerk nie, maar meer op die mensdom en haar eie onkunde vroeër in haar lewe. Sy het genoem dat sy speit is dat sy nie vroeër gedink het aan trou en kinders kry nie want nou is sy veertig en alleen.

Dis vir my so ironies dat t.s.v hoe haar hele lewe tot nou toe geloop het en alles waaraan sy blootgestel is , sy nou dit nodig sien om te ‘conform’ tot dit wat die sameleweing van `n vrou verwag...
Ek dink geloof maak ons net te ingewikkeld. God maak ons te ingewikkeld- Dis nie my reg om God te verstaan nie... Ek weet ek sal nooit kan nie. Biskop Kalistos Ware skryf: ‘ groter as wat ons ooit kan begryp, nader aan ons as ons eie hart. ‘

En net soos wat onkunde t.o.v. dit waarin jy glo jou kan kniehalter net so kan fundamentalisme. Jakobus skryf dat geloof is om uit te ryk na die armes en die wat liefdeloos is en om onsself te bewaar van `n goddelose wêreld. Tog, in die selfde asem glo ek, wil God he ons moet hierdie wêreld, wat hy vir ons gegee het, sien!

Wat in my guns tel vir volgende jaar is dat ek nie Suid Afrika verlaat oor Suid Afrika nie, maar ek verlaat dit oor daar so baie is om te gaan beleef. Mistieke dinge, goddelike dinge.

Geweld, Misdaad en die res van daai dinge is nie net orals nie, maar dis ook deel van die goddelose wêreld waarin ons leef, dis inevitable. Ek se vir myslef: ‘Bring it on’
I dont roll wih the punches, I hand them out.

All the world is a stage and most of us are just desperately unrehearsed.


Tot later aligator