500 WORDS

English, Afrikaans and some french lingo in between, 'cause that's what all the cool kids do







Monday, May 24, 2010

Stagnancy makes me drown


Daar was `n tyd, wat ek nie noodwendig kind was nie, maar wat ek jonger was, en waar grootmens probleme eintlik banale selfverwikkelende breinkoepelende tongknopers was.
Ek dink die tyd het aangebreek, dalk al reeds `n rukkie terug, wat daai tyd verby is.
Dinge gebeur met my wat ek nie meer kan afskryf as kinderspeletjies nie. En regte-wêreld dinge is moeilik. Dit is regtig egtig moeilik. Ek word daagliks gekonfronteer met harsinggimnastiek en dit voel vir my asof ek nog nie eers die basiese balans van dit als bemeester het nie.

Ek loop die afgelope tyd met gedagtes van eenvoud, in die sin van gemak, in my kop rond. Waar my toekoms geset is. Geen alternerend idees van vryheid nie en geen behoeftes vir die onbekende nie. `n Plan. Ek hunker na `n plan, en ongelukkig is die enigste een wat die samelewing vir my kon gee, `n veilige een.

In breer konteks, in my opinie, gaan geen besluite wat ek vandag of more of op enige gegewe oomblik maak, `n bepalende drastiese verandering of invloed in/op my toekoms hê nie. Verwikkelings en wendings gaan gepaard met jare en jare se beplanning, repetisie van besluitnemende-taktieke en `n sekere denkwyse wat ingeoefen word. Deur te lewe, bepaal jy jou more.

Dus,voel ek, is dit nou te laat vir enige iets. Ek is hier, ek is op my pad. Dalk sê ek na 20 jaar, met `n (swaar) sug ‘ek het die minder bereisde pad gekies en dit het al die verskil gemaak.’. Om die waarheid te sê gee ek nie om met watse sug ek daardie woorde spreek nie, solank dit net by my mond uitkom. Veiligheid?
Die deel in die Bybel waar God na die veldlelies en die voëls verwys, waar hulle nie bekommer nie. Hoe ek dit interpreteer is dat hulle het geen ‘veilige’ planne nie, behalwe die een waar hulle weet God gaan sorg. Cliché? Hel ja, maar, hierdie Hesta wat nie tevrede gaan wees met die norm nie, is deur God ontwerp.

Ek lees `n artikel wat sê dat die kanse dat God `n spesiale plan vir elkeen van ons het is eintlik nul. Maar, so seer as wat ek weet dat ek nie veel weet nie, weet ek dat God definitief vir my `n plan het. Dit is nie verniet dat Hy my so vêr gebring het nie. Gaan ek die wêreld verander? Hel ja! Die ding is net, ek moet eers myself nog kry om te verander.


I was out there
on an open sea
no direction, and no one to lead

and then I looked back in there
how did we get there?
the water was foggy
but I didn't really care
'cause stagnancy makes me drown
and I really want to live

No comments:

Post a Comment