500 WORDS

English, Afrikaans and some french lingo in between, 'cause that's what all the cool kids do







Tuesday, August 10, 2010

TOO LEGIT TO QUIT


`n Hindi beteken die woord ‘chai’ tee. So, as ek sê chai sê ek eintlik tee-tee.
Sommer net `n quote wat ek aan die begin van die jaar op Dinsdag 10 Augustus se dagboek Bladsy neergeskryf het.

Ek het maande laas geblog, en liewe leser, ek vra om verskoning daarvoor. Dis nie dat ek te besig was nie, dis net; ek het nie geweet wat om te skryf nie. Alhoewel daar `n magdom gedagtes in my kop gemaal het,het ek net nie geweet hoe om dit te verwoord of te skryf sonder dat dit banaal klink nie.

Maar vanaand, die aand voor my kunsopdrag moet in wee sen ek `n bul van `n calculus toets skryf, sal ek die ys breek.

My hart is effens geskud. Sien, vanaand was ninjaklas aand. En a.g.v. wangefunksioeneerde logistieke omstandighede was ek genoodsaak om d.m.v. `n motor, op my eie, tot by die klas te ry.
`n Robuuste BMW. `n Robuuste BMW met `n ratslot.

So, na klas loop ek na ‘my’ kar toe en klim in en ontsluit die ratslot, NIE. Oke, so dit werk nie. Na super lank se sukkel/huil/bid/vloek in my kop, bel ek my pa. Maar alas, steeds wil die slot nie uit die ratkas uit gaan nie. Ek nader `n vreemdeling(wat ook `n BMW ry) om my te help. Maar STEEDS, geen sukses.

So sit ek toe half 8 die aand in die parkeerarkade, moedeloos, en bid vir `n engel. Toe gee ek op en besluit om MY ninja te gaan roep. Natuurlik wil mens nie simpel lyk nie, veral nie as dit die eerste keer is wat jy met `n kar ninjaklas toe kom en dan kan jy nie eers die voertuig ordentlik opereer nie. Maar, terwyl ek my trots sluk en stap om MY ninja te gaan roep, dink ek by myself: ‘As daar met alles `n doel in die lewe is, wat sou vanaand se krisis tot my lewe toe toevoeg? ‘... het God tog nie `n sin vir humor nie...

En daar, in die parkeer area, voor die Spar, op `n Dinsdagaand, sit ek en MY ninja in ‘my’ vasgevangde ratkas BMW toe. En so vertel hy my sy vrou( wat soos 40 maande/3jaar (wat ookal minder klink) ouer is as ek) is swanger. Bommer.

Ek weet ek is belaglik naïef, maar gun my my teleurstelling. Ek is deur my infatuasie diep gewond.

Elk geval, ek noem nie MY ninja verniet `n ninja nie. Hy kon die ratte bevry m.b.v. `n super geheime gereedskapskus wat agter in alle BMW’s is. Hy ry ook `n BMW.

Toe red hy my en toe los hy my, tragies, vasgevang in my eie gedagtes.

Ek weet dis simpel, ek doen. Ek het aan die begin van die jaar `n gedig oor hom geskryf. Aangesien ek die absurde een in die verhaal is en totally oor hom moet kom, gaan ek na vanaand, probeer, om nie meer(so baie) aan hom te dink nie.

Die gedig:

Ninja klas tweekeer `n week, maand drie

1.
As ek jou, man, voel teen my
En jou sweet op my drup
en jou hand vlugtig verby my lies gly
is my lyf aan die jaag met gierigheid en gulsigheid
is ek skouerdiep in doolhowe van egbreuk, afgeruk
en dwalend is ek `n prezwalskiperd in jou lyf
op n mat, wat ryk na vegkuns en `n prille tyd
van spiere en dit wat ek wil wees en as ek swik
voor `n man met `n lyf, is dit omdat ek my in jou wil sien
is dit omdat ek in jou wil verkiem
is dit, ek vrees, omdat ek , vrou, jou wil wees.

2.
`n Plantasie al op met jou been
teen my druk
my werwels rek en my krasvel laat kreun
en ons rond dobber soos terroriste in `n konvooi
van handgranate, en jy my dan neergooi
jou nuttig verby my bene wil stop,
en ek opgee
en dan sweig en jou kop aftrek en mompel verleë
dat ek jou kon wen,
maar magtig(er) het jy my vasgepen
met my hande agter my kop en jou arms-man-umisie,
om my verwring
dan vang my oog, `n pand(ugh) jou vrou se ring.

3.
Dan maak dit nie saak hoeveel mure jy kan verower
en 180grade in die lug kan ninja,
is ek dan net te laat gebore.
Maak nie saak hoeveel manspushups ek kan doen
en vuiste wat ek kan keer,
het jy my herwin tot `n invertoriese spier
en jou ondervinding het my gekeer.
Is ek iewers in my eie ideolek gestrand?
Want tweekeer `n week gaan jy huis toe na jou lewe
en ek gaan terug na verlange vir oormore aand.





Chai tee enige iemand?

No comments:

Post a Comment