500 WORDS

English, Afrikaans and some french lingo in between, 'cause that's what all the cool kids do







Tuesday, March 22, 2011

Jonk genoeg om nie bang te wees nie


So, dis `n Dinsdagmiddag. En dis tweeuur die middag.
Ek weet nie wat om te sê nie, eks oppad.
Ek moet sê UITEINDELIK. Maar ek dink, werklik?

Ek is die meeste ongemaklik vir dit wat ek agterlaat want ek weet as ek terug kom gaan dinge nooit weer dieselfde wees nie.

Ek het almal gegroet wie ek moes. En nou dink ek dis eintlik maar als `n bietjie overrated.


Charles Bukowski wrote: Boring damned people. All over the earth. Propagating more boring damned people. What a horror show. The earth is swarmed with them.

En daarom weet ek daar moet tog meer in die wêreld daar buite wees as net dit wat ek ken. Daar moet `n beter manier wees van lewe.

My hart is seer. Ek het dit vir hierdie oukie gegee en ek sou selfs liewer verkies het dat hy dit seer maak as wat hy dit net nie aanvaar nie. Hy het my net so gelos, in my eie ideolek.
So daarom moet ek ook wegkom.

En ek moet iets met my lewe doen. Iets meer betekenisvol. So dis nou die tyd.

Jonk genoeg om nie bang te wees nie.

Ekt vir party mense Mix CDs gemaak. En as ek sou sterf in die nabye toekoms mag enige van die liedjies daarop by my begrafnis speel.
En as jy so CD gekry het het ek heel waarskynlik aan jou gedink toe ek `n spesifieke liedjie opgesit het. Want musiek ken jou hartseer en jou kopseer.

Ons kan hierdie doen.
Alles gaan `n avontuur wees.


Op `n ligter noot: Tweet van die week: I danced like no one was watching. But they were watching. And laughing and pointing and fuck this bar Im outta here.

TAKE RISKS. NOTHING CAN SUBSTITUDE EXPERIENCE.

Hesta out.
Au Voir!

No comments:

Post a Comment